Jack Parow - Afrika 4 Beginners

Indien jy dit gemis het, Afrika 4 Beginners is Jack Parow se nuutste album wat November 2017 vrygestel was. Dit is met ope arms ontvang deur mense wat op en af spring en “Jack Parooooooow!” skree.

Die album bestaan uit 18 snitte, waarvan daar in 11 met van Suid-Afrika se beste kunstenaars gecollaborate word: van Koos Kombuis tot Sketchy Bongo. Die hoeveelheid verskillende featured artists bring weereens ‘n gevoel van samehorigheid by Jack Parow se musiek in, nes met sy vorige album, Nag van Die Lang Pette. Die dialoogsnitte tussen-in met Schalk Bezuidenhout bevestig weereens Jack Parow se trots om eg Suid-Afrikaans te wees.

Jack Parow - Afrika 4 Beginners

As jy met lojale ondersteuners praat is dit duidelik dat hierdie album goed ontvang is, omdat dit bly by Jack Parow se oorspronklike visie om Afrikaanse kultuur en norme te bevraagteken, terwyl dit as ‘n meer volwasse album as sy vorige werk kan beskryf word. Vir Parow se ontwikkeling as ‘n musikant is die album goed aanmekaar geslaan om steeds relevant te bly met die Suid-Afrikaanse, en internasionale musiekindustrie. Die algemene gevoel is dat Nag van Die Lang Pette steeds die gunsteling album is, met meer “rowwe, growwe, in-jou-gesig Parow” hits.

Nicci Lombard, ‘n groot Parow ondersteuner het die volgende te sê gehad oor die nuwe album:

“He used this album to, yet again, encapsulate South African music culture through collaboration with a variety of artists and so easily shares his fame with others. His lyrics also showcase South Africa as a great place to be, which is exactly what it is.”

Jack Parow het met Afrika 4 Beginners sy unieke musiekvorm voortgesit en ons hoop dat dit die geval sal bly met elke album. Kyk uit vir Boepensvark en Monster vir hit singles, asook verwerking van Johnny is nie Dood nie met Koos Kombuis.


Jack Parow is op pad Nederland en België toe in Maart, so maak seker jy kom by n show uit terwyl hy nog hier is:

16 Feb – Pretoria, Arcade Empire
17 Feb – Bloemfontein, University of the Free State
24 Feb – Kaapstad, Cafe Roux

Afrika 4 Beginners is beskikbaar op iTunes en waarookal musiek verkoop of gestream word.

Jack Parow - Afrika 4 Beginners