Loki Rothman - Liefde by die dam 2017

Onderhoud: Loki Rothman en kie is by Liefde by die Dam 2017

Loki Rothman is meestal bekend vir sy virtuoso kitaarspel, maar is ook ‘n sanger en liedjieskrywer in eie reg. Hy het die Top 6 van South Africa’s Got Talent gehaal, en al saam met Jack Parow, Die Heuwels Fantasties, en nou ook Laurika Rauch opgetree en opgeneem. Eersdaags sal hy in Johannsburg te sien wees by Liefde By Die Dam 2017 op 6 Augustus, waar Riana Nel, Jo Black, Majozi, Die Heuwels Fantasties, JR, Tresor, Francois van Coke en Laurika Rauch ook sal optree. Ons het vir Loki ‘n paar vrae gevra om ons opwinding te stook… Continue reading “Onderhoud: Loki Rothman en kie is by Liefde by die Dam 2017”

Floris Groenewald
Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.
Eintlik Nogal Baie

Eintlik Nogal Baie is Eintlik Nogal Anders as wat die plakkaat lyk

Eintlik Nogal Baie het ‘n tipiese Afrikaanse romantiese komedie-titel. En Eintlik Nogal Baie het ‘n tipiese Afrikaanse romantiese komedie-plakkaat. Maar dis nie ‘n tipiese Afrikaanse romantiese komedie nie. Eintlik nogal glad nie. Continue reading “Eintlik Nogal Baie is Eintlik Nogal Anders as wat die plakkaat lyk”

Floris Groenewald
Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.
Sy Klink Soos Lente

Sy Klink Soos Lente: ‘n Koekiedrukker-breker van ‘n Afrikaanse rom-kom

As daar nou een soort fliek is wat omtrent sinoniem is met ‘n koekiedrukker, is dit Afrikaanse romantiese komedies. Ek voel of ek al hoop verloor het in die genre, aangesien die glansende vonkelwyn-vertolking van die liefde keer-op-keer dieselfde is. Gelukkig het Dis Koue Kos, Skat onlangs uitgestaan as ‘n goeie Afrikaanse komedie wat fokus op karakters wat in hul middeljare oor begin. En nou is daar Sy Klink Soos Lente – met alleen-wyndrinkers en mechanics wat ‘n band begin – ‘n fliek gemik op… my. Continue reading “Sy Klink Soos Lente: ‘n Koekiedrukker-breker van ‘n Afrikaanse rom-kom”

Floris Groenewald
Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.
Alternatief Is Groot CD Cover

Alternatief is Groot, en wil jou die kys vra

Op hoërskool, as jy ‘n oulike jong dame in die oog gehad het maar nie seker was hoe om jou gevoelens aan haar te openbaar nie, kon jy altyd ‘n mix CD maak. Dis nou oor ek in die vroeë 2000’s (na die tyd van kasette) op hoërskool was – ek vermoed hulle maak deesdae speellyste op hul gunsteling aanlyn musiekstroomdiens. Bogenoemde CD was dan propvol liefdesliedjies, sodat sy sou seker wees. As CD-maker was dit jou werk om ‘n versameling goeie liedjies te kies, hul in mekaar te laat vloei deur noukeurig die volgorde uit te werk, maar belangrikste van alles: om sonder twyfel jou verliefdheid uit te druk. Nou het die mense agter Coleske ArtistsSupra Familias, en Afrikaans is Groot saamgewerk om ‘n mix CD te maak wat vir ‘n wye gehoor van alternatiewe Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers: Alternatief is Groot. Continue reading “Alternatief is Groot, en wil jou die kys vra”

Floris Groenewald
Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.
Die Ontwaking

Die Ontwaking speel kat-en-muis met ou bekende idees

Die Ontwaking is ‘n sielkundige misdaadriller, gegrond op Chris Karsten se roman Abel se Ontwaking (die eerste boek in ‘n trilogie). Dit gaan oor Ella Nesser (vertolk deur Juanita de Villiers), ‘n jong en relatief onervare speurder wat op die spoor is van die “Nagsluiper” – ‘n reeksmoordenaar. Terselfdetyd leer ons ook Abel Lotz (Gys de Villiers) ken. Bedags is hy ‘n ongemaklike, eienaardige  eienaar van ‘n klein galery en kenner van Afrika-maskers en Kuns. Na-uurs sluip hy in die nag. Continue reading “Die Ontwaking speel kat-en-muis met ou bekende idees”

Floris Groenewald
Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.
Jack Parow - die ou met die snor by die bar

Die Ou Met Die Snor By Die Bar – Jack Parow vertel

Kyk, die feit dat daar ‘n amptelike Jack Parow biografie* verskyn het, is nie ‘n verrassing nie. Dit is dalk ‘n effense vreemde besluit, maar nadat Parow se platemaatskappy, Parowphernalia, al tekkies, ekstra-lang pette, comic books, en chilli- en braaisous begin verkoop het, kan niks mos meer verras nie. En al bevat Die Ou Met Die Snor By Die Bar nou geen staatsgeheime nie, is dit wel ‘n interessante kykie na die man agter die snor, en hoe hy sy sukses behaal het – al die pad uit Bellville uit.

Jack Parow - die ou met die snor by die bar Continue reading “Die Ou Met Die Snor By Die Bar – Jack Parow vertel”

Floris Groenewald
Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.