Ingrid Jonker by Jonel Scholz - Die Kind is nog jonger

Die kind is nog jonger – Ingrid Jonker se ‘pop’ val stukkend

Ten spyte van wat Chris Chameleon graag wil hê ons moet glo, het Ingrid Jonker nie popliedjies geskryf nie. Jonker se naam vergestalt tragedie, maar ook betowerende en bewonderde poësie. Haar dogter, Simone, saam met Ernesto Garcia Marques en Paul Blom, het ‘n tribute-projek aangepak vir die 50ste herdenking van haar dood: Die Kind is Nog Jonger is ‘n dubbel-CD waarop 36 diverse bands/musikante toonsettings van Jonker se gedigte opgeneem het. Die doel met hierdie projek is om Jonker se onsterflike woorde te laat herleef, en terselfdertyd te beskerm.

Die snitlys bevat ‘n eklektiese klomp name: Van Kalahari Surfers, Victor Wolf, Inge Beckmann, Die Naaimasjiene, Beeskraal, Mavis Vermaak, Zaria, Abraham van Geenbybel, Somerfaan, Gert Vlok Nel, Francois Breytenbach Blom (van K.O.B.U.S.), The Radio Rats, Jim Neversink, Rambling Bones, tot Terminatryx.

Ingrid Jonker - Die Kind is nog jonger

Floris Groenewald

Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.

Die kind is nog jonger CD cover art

Die kind is nog jonger: 36 liefdesbriewe aan Ingrid Jonker

Het jy al Ingrid Jonker se gedigte gelees en gewens jou gunsteling alternatiewe band wil dit toonset? Het jy al na Chris Chameleon se bekende Ingrid Jonker-albums geluister en gewonder hoekom meer mense dit nie doen nie? Dan is dit hoogtyd vir Die kind is nog jonger – ‘n dubbel CD met 36 verwerkings van Ingrid Jonker gedigte, deur onder andere Inge Beckmann, Kalahari Surfers, Somerfaan, Jim Neversink, Francois Breytenbach Blom, Mavis Vermaak en Victor Wolf (destyds Riku Lätti).

Floris Groenewald

Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.

Jack Parow - die ou met die snor by die bar

Die Ou Met Die Snor By Die Bar – Jack Parow vertel

Kyk, die feit dat daar ‘n amptelike Jack Parow biografie* verskyn het, is nie ‘n verrassing nie. Dit is dalk ‘n effense vreemde besluit, maar nadat Parow se platemaatskappy, Parowphernalia, al tekkies, ekstra-lang pette, comic books, en chilli- en braaisous begin verkoop het, kan niks mos meer verras nie. En al bevat Die Ou Met Die Snor By Die Bar nou geen staatsgeheime nie, is dit wel ‘n interessante kykie na die man agter die snor, en hoe hy sy sukses behaal het – al die pad uit Bellville uit.

Jack Parow - die ou met die snor by die bar

Floris Groenewald

Floris sometimes writes things when he’s not watching movies or playing video games or editing videos or folk-rock singing/songwriting.