
Eintlik Nogal Baie is Eintlik Nogal Anders as wat die plakkaat lyk
Eintlik Nogal Baie het ‘n tipiese Afrikaanse romantiese komedie-titel. En Eintlik Nogal Baie het ‘n tipiese Afrikaanse romantiese komedie-plakkaat. Maar dis nie ‘n tipiese Afrikaanse romantiese komedie nie. Eintlik nogal glad nie.